T. M. Bilderback - Jackie Blue стр 3.

Шрифт
Фон

Vincent het begin om n idee te kry ... as hy glo wat nou eintlik hier gebeur, het hy dalk n goudmyn gevind vir die organisasie!

***


JACQUELINE HET DIE baan verlaat, onbewus van die man wat haar volg. Sy het weer n taxi gestop en ingeklim om huis toe te gaan. As sy gou maak, sal sy die bus by die huis kan ontmoet en dan die kinders in die huis inhelp. Sy het die drywer haar adres gegee en hom n groot tip gelowe as hy haar gou by haar bestemming kry.

***


JACQUELINE HET DIE baan verlaat, onbewus van die man wat haar volg. Sy het weer n taxi gestop en ingeklim om huis toe te gaan. As sy gou maak, sal sy die bus by die huis kan ontmoet en dan die kinders in die huis inhelp. Sy het die drywer haar adres gegee en hom n groot tip gelowe as hy haar gou by haar bestemming kry.

Jacqueline het n gawe. Sy het die vermoë gehad om die wenner van enige spel van kans te kan kies. Enige spel, al is dit n lotery kaartjie, perde resies, sport wedstryd, vasvrae ... eenmaal selfs n kalkoen skietery. Sy het altyd geweet wat die uitkoms sal wees en in speletjies waar sy deelgeneem het, was sy altyd die wenner.

Soos sy groter en ouer geword het, het sy besef nie almal kan doen wat sy kon doen nie. Haar vriende het uiteindelik opgehou bordspeletjies speel wanneer sy saam speel omdat sy altyd gewen het ... nie omdat sy kroek nie, maar deur te weet watter skuiwe om te maak om haarself die voordeel te gee. Haar beste vriendin op hoërskool, Dawn Price, het eenmaal vir haar gesê, Jackie, wat is n speletjie as jy nooit verloor nie? Dit is nie meer n speletjie as jy die heeltyd wen nie! Jacqueline het daardie opmerking ter harte geneem. Sy het haar gawe gebruik, maar nooit vir veel nie ... en net om die kinders te help.

Vandag se wen by die baan was n geweldige meervaller. Een keer n maand, sal Jacqueline haar krap kaart wengeld neem na die resies baan om haar wengeld te vermenigvuldig, maar onbekende perde soos Joes Folly het nie altyd met haar gebeur nie. Wanneer dit gebeur het, was dit gewoonlik net betyds om n ongewone item te koop wat die kinders nodig het. Soos vandag dit kan nou die koste dek vir die herstel van Jennie Lou se rolstoel en ook nuwe klere koop vir die seuns hulle groei so vinnig! en n paar kruideniersware ook, en miskien is daar nog oor om die kinders uit te neem vir McDonalds ... of miskien pizza.

Jacqueline Belew is n pleegma vir vyf spesiale behoeftes kinders. Die staat betaal n fooi om hulle te ondersteun, en haar groep huis, maar dit was nie genoeg om hulle gesond, gevoed, geklee en veilig te hou nie. As dit nie was vir haar gawe nie, sou sy nie geweet het wat om te doen nie.

***


VINCENT HET DIE TAXI gevolg. Sy gedagtes het gewerk terwyl hy ry, soos hy probeer om die besonderhede uit te werk ... en, soos altyd, het sy observasie vaardighede gewerk op n onbewustelike vlak. Hy het verskeie straat name gesien en elkeen onthou. Toe hy sien die taxi stop voor n groot dubbel-verdieping huis wat gerieflik gelyk het, in Peach Straat, het hy na die huis nommer gekyk, sonder om eers daaraan te dink terwyl hy verby ry en regs draai by die volgende straat.

Hy het besluit hy het nodig om Jacqueline Belew n bietjie langer dop te hou. Hy het n skerp kant nodig.

***


VINCENT HET SY SKERP kant gesien vyf-en-veertig minute later.

Vroeër, toe hy regs gedraai het by die volgende straat, het hy weer regs gedraai. Hy het toe in hierdie straat Cherry Straat geparkeer en uit sy kar geklim. Hy het die agterplaas van n huis in Cherry Straat deur geloop en oor die muur gespring na die agterplaas van n huis in Peach Straat. Hy het geklop aan die agterdeur van die huis.

n Paar sekondes later het n vrou die deur oopgemaak. Vincent het haar oortuig om hom in haar huis te laat ingaan deur vir haar sy vyf-en-veertig semi-outomatiese vlekvrye staal geweer in die son te laat glinster. Toe hy eers binne was, het hy die vrou gewys hoe vinnig hy kan werk deur een van die semi-outomatiese metaal stukkies in haar kop te plant. Toe het hy die vrou net eenmaal gewys hoe om n gevriesde pak groente na te maak deur dit dop te hou binne in die vrieskas.

Met geen uitnodiging om homself tuis te maak nie, het Vincent die huis deur geloop. In die hoofslaapkamer, het hy n verkyker ontdek. Geen probleem om dit te gebruik het uit die vrieskas gekom nie, so Vincent het die lekker visuele hulp geneem en sitkamer toe gegaan en gefokus op die huis wat behoort aan Jacqueline Belew.

Jacqueline het tyd gehad om n beker limonade te maak voordat die spesiale skool bus gearriveer het. Dit het reg voor die huis gestop, met die deure perfek in lyn met die sypaadjie. Die drywer, Mike Woods, het vrolik die bus se toeter geblaas dat dit klink soos n skeer en n haarsny liedjie, wat altyd vir Jacqueline laat glimlag het.

Terwyl sy uitloop buitentoe, het sy n bak met koekies wat sy die vorige aand gebak het, opgetel. Toe sy buite by die randsteen aankom, het Mike die drywer alreeds die deure oopgemaak en twee van die kinders uitgehelp. Beide kinders was seuns, en beide het been stutte gedra. Hulle het na die bus gedraai en elkeen n hand uitgehou. n Meisie, wat ook been stutte gedra het, het in die bus se deur gestaan. Sy het afgekyk na die seuns, geglimlag, en een van haar hande aan elkeen van hulle gegee. Hulle het styf vasgehou terwyl sy haarself by die trappe afgehelp het.

Ваша оценка очень важна

0
Шрифт
Фон

Помогите Вашим друзьям узнать о библиотеке

Скачать книгу

Если нет возможности читать онлайн, скачайте книгу файлом для электронной книжки и читайте офлайн.

fb2.zip txt txt.zip rtf.zip a4.pdf a6.pdf mobi.prc epub ios.epub fb3

Похожие книги