T. M. Bilderback - Jackie Blue стр 4.

Шрифт
Фон

Dankie, menere, het die meisie gesê, met n gemaakte Engelse aksent. Sy het haarself weg van die deur van die bus af gewerk en toe terug gedraai.

Jacqueline, het intussen langs Mike gaan staan en het hierdie gebeurtenis aanskou. Jacqueline het geglimlag.

Ek reken ons het hulle mooi geleer, Mike. Hulle is nou n regte gesin, het sy stil aan die groot bus drywer gesê.

Hulle kyk beslis uit vir mekaar, Juffrou Jackie, het Mike gesê. Toe, baie saggies, het hy bygevoeg, Phillip is regtig beskermend teenoor haar vandag. Hy het nogal kriewelrig geraak terwyl ek haar in die bus in gehelp het by die skool.

Jacqueline het bekommerd gelyk en ook saggies gepraat: Het hy jou moeilikheid gegee?

Mike het sy kop geskud. Nee, maar hy het regtig begin ruk vorentoe en agtertoe. Jennie Lou het hom bietjie kalmeer, maar hy was nog kriewelrig.

Die jongman onder bespreking, Phillip Wheeler, het volgende uit die bus geklim, met n gevoude rolstoel in die arms. Hy het dit vinnig oopgevou, en toe teruggeklim op die bus. n Paar minute later, het hy met n meisie in sy arms by die trappe afgeklim. Hy het haar saggies op haar rolstoel neergesit, die armleunings platgeslaan en die meisie se hand om die beheer stok geplaas. Toe hy klaar is, het hy regop gestaan ... maar het vorentoe en agtertoe geruk op die plek, terwyl hy na niks kyk nie.

Outisme suig, het Jackie gedink.

Phillip het nou al sewe jaar by Jackie gebly. Sy het geen idee gehad wat sy agtergrond is nie n kinderhof regter het sy lêers permanent verseël.

Terwyl sy kyk hoe Jennie Lou Gwin sukkel met die beheerstok, het Jackie die motor ongeluk vervloek wat Jennie Lou in die rolstoel gesit het vyf jaar terug. Jennie Lou was amper n kwadrupleeg, maar sy het nog sommige gebruik in haar regterhand gehad, en sy kon haar kop lig. Die ongeluk het haar ouers en broer weggeneem. Sy is nou al drie jaar by Jackie.

Phillip het homself aan Jennie Lou vasgemaak van die begin af. Jennie het Phillip se sorg vir vir haar aanvaar, en het hom gereeld in haar vertroue geneem. Miskien op n onbewustelike manier, het Jennie herken dat Phillip haar soveel nodig het soos sy vir hom, en Jackie het gevrees hoe ver Phillip in homself sou gekeer het as dit nie vir Jennie Lou was nie.

Jennie Lou is sestien. Phillip is sewentien. Phillip is twee duim oor twee voet en was baie gespierd. Hy kon iemand seer maak sonder om dit te bedoel, maar Jennie Lou het hom kalm gehou.

Jennie Lou is sestien. Phillip is sewentien. Phillip is twee duim oor twee voet en was baie gespierd. Hy kon iemand seer maak sonder om dit te bedoel, maar Jennie Lou het hom kalm gehou.

Meeste van die tyd.

Die twee seuns met die beenstutte is Nicky Watson en Tommy Larkin. Nicky het erg polio gehad wat sy linker been omtrent nutteloos gelaat het. Hy het nooit die polio teen-inspuiting gehad nie ... sy ma was n dwelm verslaafde prostituut en het nie die moeite gedoen met dinge wat sy as onnodig beskou het nie, soos kos, klere of mediese sorg vir haar seun. Sy het n oordosis geneem en gesterf terwyl sy n kliënt in haar vuil slaapkamer vermaak het. Haar kliënt het opgelet dat sy ophou asemhaal het maar het nog steeds sy besigheid klaar gemaak. Toe hy klaar is het hy aangetrek en gewaai. Nicky was alleen vir twee dae voor hy ontdek was en na Kinder Dienste geneem is. Hy was Jackie se eerste Pleegkind en het nou al agt jaar by haar gebly. Hy het beweer dat hy nie sy regte ma onthou nie.

Tommy is gebore in n gegoede middel-hoër klas gesin. Sy pa was n suksesvolle bank baas ... totdat die eiendoms mark plat geval het. Die suksesvolle bank baas was skielik n werklose individu wat n moontlike aanklagte vir lening bedrog in die gesig gestaar het. Die man het huis toe gekom met n glimlag op sy gesig, sy lieflike vrou twaalf keer gesteek met die slagtersmes uit die kombuis en sy seun vir dood gelos met verskeie steek wonde ... een wat laag in sy rugstring was en amper sy rugsenuwee afgesny het. Tommy se pa het toe na die stoor langs die swembad gegaan, die grassnyer geneem, die enjin aangesluit, die onderstebo gedraai en beide sy arms tot by sy elmboë tussen die draaiende lemme ingedruk. Hy het doodgebloei in sy eie agterplaas terwyl hy vir die hemel gelag het. Dokters kon die meeste van Tommy se senuwees herbou maar hy het nog steeds nie die volle gebruik van sy bene nie ... daarom die beenstutte. Tommy was die nuutste byvoeging tot die groep huis hy was nou n jaar daar. Hy het nog steeds nagmerries oor sy pa se malse glimlag terwyl hy sy enigste kind herhaaldelik met n mes steek.

Nicky is dertien en Tommy is twaalf.

Die jong meisie met die stutte en kieries is Cynthia Rudisill. Cynthia het serebrale gestremdheid. Dit was n ligte geval, maar nog steeds verlammend. Cynthia se ma het besluit dat SG meer is as wat sy kon hanteer in vandag se lewe, so sy het eenvoudig die kind na Kinderdienste geneem en haar daar gelos, net soos wat sy n rondloper hond by die DBV sou gaan aflaai. Die vrou se gewete het haar net mooi niks gepla oor wat sy gedoen het nie ... so ver as wat sy omgee, het sy eenvoudig net van n probleem ontslae geraak.

Ваша оценка очень важна

0
Шрифт
Фон

Помогите Вашим друзьям узнать о библиотеке

Скачать книгу

Если нет возможности читать онлайн, скачайте книгу файлом для электронной книжки и читайте офлайн.

fb2.zip txt txt.zip rtf.zip a4.pdf a6.pdf mobi.prc epub ios.epub fb3

Похожие книги