***
NOU, VYFTIEN JAAR LATER, het Vincent aansienlik hoër op gevorder in die organisasie. As resultaat van sy wonderbaarlike vaardighede in die kollekte area, was hy nou in beheer van drie stringe beroepswedders. En hy was in beheer van die beskermings diens oor die suide van die stad.
Hy het nog steeds baie van sy eie kollekte hanteer, wat hoofsaaklik vir sy beskerming diens was. Sy observasie vaardighede het hom toe goed te pas gekom in daardie spesifieke besigheid. Hy sou n paar maande n voornemende klant observeer sodat hy akkuraat die besigheid verkeer kan oordeel. Dan sou hy kwoteer op n akkurate en, vir hom, n bekostigbare versekering premie basis vir die klant. Die ongelukkige besighede wat hierdie versekering geweier het, het gereeld skielik afgebrand in die middel van die nag tot op die grond, ongeag enige brandonderdrukking toestelle wat teenwoordig mag wees.
n Paar weke terug, het Vincent n besigheid by n klein geriefswinkel, Kwikstuff, geobserveer, wat vyf blokke weg was en drie blokke weg van die Hollow. Hy het gekyk hoe die Pakistani eienaar verskeie sodas, sigarette en lotery kaartjies oplui en dan het Vincent die snaakste ding gesien.
n Slim, mooi blondine, dalk in haar vroeë of miskien middel dertigs het in die winkel ingekom. Sy het voor die plexiglas kabinet, wat die winkel se lotery krap kaarte gehuisves het, gaan staan. Sy het haar hande uit gesteek en haar vingers liggies oor die voorkant van die kabinet laat gly vorentoe en agtertoe totdat haar hand voor een van die hokkies tot stilstand gekom het en dan haar oë toe gemaak. Toe haar oë weer oopgaan, het sy na die kassier gestap en een krap kaart gekoop uit die hokkie wat haar aandag getrek het. Sy het by een van die tafels voor die winkel gaan sit en haar kaart oopgekrap. Toe sy klaar is, het sy opgestaan en weer na die kassier gestap.
Die Pakistani het na die vrou geglimlag. Nog n wenner, Jackie?
Die vrou het geglimlag en geknik.
Die Pakistani het haar kaart deur die lotery skandeerder laat gaan. Sjoe! Tweehonderd doller hierdie keer! Hy het sy kop geskud terwyl hy haar die geld uitbetaal het. Verloor jy ooit, Jackie?
Die vrou het geglimlag en haar skouers opgehaal, haar geld voor by haar denim ingedruk en die winkel verlaat.
Vincent het n blikkie asem pepermente gevat en dit na die kassier geneem. Hy het geglimlag na die Pakistani maar die glimlag het nie sy oë bereik nie. Sy wen baie, neem ek aan.
Die Pakistani het sy kop geskud. Ek het nog nooit so iets gesien nie! Sy verloor nooit!
Miskien moet ek haar uitvra vir ete. Weet jy wat haar naam is ?
Die Pakistani het geknik. Haar naam is Jacqueline Belew, maar ek dink nie sy gaan uit op baie ete afsprake nie. Ek het haar nog nooit saam met n man gesien nie.
Vincent het geknik, asof hy n besluit geneem het. Interessant. n Uitdaging. Baie soos om n besigheid te bestuur. Laat ek met jou oor iets praat... Vincent het verduidelik wat die voordele van sy firma se beskerming is. Na kragdadige en intense onderhandelings in die agterkamer, wat veroorsaak het dat Vincent se kneukels uit geswel het, kon hy die nederige en gekneusde Pakistani as een van sy klante beskou.
***
VINCENT HET DIE BELEW vrou vir die volgende week geobserveer by n ander winkel. Sy het ingegaan, weer haar hand oor die kabinet se plexiglas laat gly. Sy het weer haar keuse gemaak, dit gekoop en die kaart gaan krap. En weer het sy dit na die kassier geneem, haar driehonderd doller wengeld gaan haal en die winkel verlaat. Vincent, wat sy besigheid in die winkel klaar gemaak het, het besluit om haar te volg.
Vincent het haar gesien deur sy donker motor voorruit terwyl sy geloop het. As sy te ver voor was, het hy verby gery totdat hy voor haar was en dan gesit en kyk hoe sy nader kom deur sy truspieël.
Jacqueline het n taxi gestop en ingeklim. Vincent het gewag tot dit verby is en toe in die verkeer ingedraai om te volg. Die taxi het op die snelweg geklim. Vincent het drie motor lengtes ver gebly. Na vyftien minute het die taxi n afrit geneem. Sy het na die resiesbaan toe gegaan!
Noudat Vincent geweet het waarheen Jacqueline op pad was, het hy ontspan. Hy het met die eerste geleentheid verby gejaag en eerste by die resiesbaan gearriveer. n Paar minute later, met sy gesig gedeeltelik agter n resies koerant, het Vincent gesien Jacqueline gaan deur die ingang van die baan. Nadat sy deur is, het hy haar gevolg.
Jacqueline het n resies vorm gekry. Vincent het gekyk hoe sy haar vinger oor die papier laat gly. Haar vinger het gestop. Sy het na die wed-venster gegaan, n bod geplaas, en die strokie in haar beursie gedruk. Terwyl sy weggeloop het om die resies te aanskou, het Vincent haar gevolg. Die resies was op die punt om te begin.
Hy het gekyk hoe die hekke oopspring en die perde hulle resies begin. Jacqueline het nie regtig na die resies gekyk nie sy het aanhou loer na haar polshorlosie, asof sy laat was vir iets. Die resies was verby en die wenner was n 35-tot-1 lang perd met die naam Joes Folly. Vincent het gekyk hoe Jacqueline teruggaan na die wed-venster en haar bod strokie uithaal uit haar beursie. Nadat sy identifikasie gewys het, het die kaartjie agent haar n groot hoeveelheid honderd doller note oorhandig. Blykbaar het sy haar gewende lotery krapkaart driehonderd doller gewed op die 35-tot-1 perd. Sy het oor die tienduisend doller in haar sak gedruk!