Wanneer ʼn volk, ʼn nasie, of burgers van ʼn staat bymekaar kom om te bid en tot God te roep is die gevolge altyd deurdringend. Die toestand van jou mense of jou nasie kan verander as jy hulle bymekaar sou bring om die aangesig van God te soek.
Individue se gebede in die Bybel
Individue se gebede het ook geweldige resultate. Moses, Jesus, Josua, Daniël, Nehemia, ensovoorts is ʼn paar van die mense wat hulle volk deur gebed verander het. As ʼn gebedstryder; veral ʼn middernag gebedstryder, moet jy nie net jouself en jou gesin beïnvloed nie, maar jy het die vermoë om die bestemming van jou volk, jou nasie, en selfs die hele wêreld te beïnvloed. Jesus se gebede en aktiwiteite beïnvloed tot vandag toe die wêreld. Moses se gebede het die hele nasie van Israel gered. Daniël se gebede het die weg gebaan vir die bevryding van die Israeliete uit Babel.
Kom ons neem Nehemia as voorbeeld. Hy het in die gaping gestaan vir sy mense. Kyk na die volgende skrif:
“Hulle antwoord was: ‘Dit gaan nie goed met die mense wat uit die ballingskap teruggekeer het en daar oorgebly het nie. In die provinsie Juda is daar groot ellende en bespotting. Jerusalem se muur lê om en die stadspoorte is deur vuur vernietig.’
“Toe ek dit hoor, het ek gaan sit en huil. Vir dae aaneen het ek getreur, gevas en tot die God van die hemel gebid… Hoor my gebed! … Kyk, en U sal sien dat ek dag en nag vir die mense van Israel, U dienaars, intree in gebed.’”
Nehemia 1:3-6
Jy weet reeds wat die geweldige resultaat van Nehemia se gebed was. God het ingegryp. Die vervalle mure van Jerusalem was herbou. En Israel kon God weer daar aanbid. God kan dit ook vir jou doen. En onthou, daar is ʼn beloning wat altyd sal kom nadat jy die oorhand gekry het.
In Josua 23:10 sê die Bybel dat:
“Een van julle kan selfs duisend van hulle op loop jaag…”
Een persoon om ʼn duisend vyande weg te jaag? Jy kan dit slegs bonatuurlik doen deur te bid. Jou gebed kan geweldige resultate lewer. Ja, jou gebed. En jy kan weet God sê dat jy ʼn kroon sal ontvang en Hy sal jou ʼn pilaar in Sy huis maak wanneer jy die oorhand kry. ʼn Pilaar en ʼn kroon as beloning van God? Dit sal wonderlik wees!
“Die een wat aanhou oorwin, hom sal Ek ’n pilaar in die tempel van my God maak…”
Openbaring 3:12
Maar kom ons beweeg aan na lofprysing toe.
Hoofstuk 5
Lofprysing
Paulus en Silas het ook vir God geloof in die tronk daardie aand. Met vars wonde regoor hul liggame, hul hande en bene vasgeketting, en in die donker, ondergrondse tronksel, het hulle tot eer van God gesing. Lofprysing en aanbidding is van die kragtigste instrumente wat God aan die gelowiges gegee het. En hier verwys ek na geesvervulde lofprysing en aanbidding. Daar is krag in lofprysing en aanbidding. Hulle is magtige wapens vir ons stryd en die duiwel weet dit. Dit is waarom hy alles in sy vermoë sal doen om hierdie wapens te stop of ten minste te krenk.
Wanneer ons God loof, bring ons Sy teenwoordigheid en heerlikheid aarde toe.
Geen wonder die Bybel sê dat God onder die lofsange van Sy volk woon nie (Psalm 22:4). Dit beteken eenvoudig dat Hy in die lofsange van die gelowiges verkeer, woon, bevind word of woonagtig is. Wanneer jy God loof, skep jy die atmosfeer vir Hom om te kom en in jou lofsange te woon.
Jy kan nie ʼn sukses van middernag gebede maak sonder lofprysing en aanbidding nie. Middernag gevegte moet met dit begin en eindig. Daar gaan selfs tye wees wat dit dalk nie nodig gaan wees om enige versoek te maak nie, maar net ons grote God loof en jy sal sien hoe jou behoeftes op hul eie wegsmelt. Ek het dit al afsonderlik probeer. Ek het om middernag opgestaan en begin om Hom te loof. Ek het dit vir ure gedoen en gehoop om daarna te bid, maar was elke keer in Sy teenwoordigheid gedompel en het gevolglik my lys van versoeke vergeet. Maar ek het altyd gesien hoe daardie behoeftes hulself uitgesorteer het.
Trouens, ek dink lof is meer kragtig as gebed, maar albei is kommunikasie met God. Wanneer jy dit ʼn gewoonte maak om God te loof te midde van elke probleem of vervolging sal die duiwel begin om twee keer te dink voordat hy probleme vir jou veroorsaak, want hy weet wat jou reaksie sal wees.
Lofprysing lei ons in die teenwoordigheid van God in. ʼn Voorbidder en alle Christene moet dit altyd in gedagte hou. Die teenwoordigheid van God het ʼn hek om dit en lofprysing en aanbidding is die sleutels. Die eerste ding wat jy moet doen wanneer jy in middernag gevegte intree is om die hek van Sy teenwoordigheid oop te maak met die sleutel van lofprysing. Dan kan jy begin om antwoorde op jou vrae te ontvang.
Die Psalmdigter het dit baie goed geweet toe hy die volgende gesê het in Psalm 100:4:
“Gaan Sy poorte in met dankliedere, Sy hofsaal met lofgesange. Dank Hom en prys Sy Naam.”
En jy weet wat sal gebeur as jy die hofsaal van die Here ingaan deur die hekke. Jy sal beslis nie dieselfde uitkom nie. Jou laste, behoeftes, en versoeke sal aan voldoen word. Lofprysing en aanbidding sal die hekke oopmaak!
Daar is ook ander dinge wat geesvervulde lofprysing vir ons doen. Dit gee vir ons die wonderlike voorreg om by die hemelse wesens aan te sluit en God te aanbid en om hemel aarde toe te bring.
Kyk net na Openbaring 4:2-11:
“Onmiddellik was ek in die greep van die Gees. Ek het ’n troon in die hemel sien staan met Iemand wat daarop sit. En die Een wat sit, se voorkoms was net soos jaspis en karneool, terwyl daar ’n reënboog met die glans van smarag om die troon gehang het. Rondom die troon was daar 24 trone en op die trone het 24 ouderlinge gesit. Hulle het wit klere aangehad, met goue krone op hulle koppe. Van die troon se kant af het daar weerligstrale, rammelings en donderslae gekom. Reg voor die troon het sewe vlammende fakkels gebrand; dit is die sewe Geeste van God. Vlak voor die troon het dit gelyk soos ’n spieëlgladde see, soos kristal.
“In die middel en rondom die troon het daar vier lewende wesens gestaan, met oë aan die voor- en agterkant. Die eerste lewende wese het soos ’n leeu gelyk, die tweede soos ’n bul, die derde het ’n gesig soos dié van ’n mens gehad, en die vierde het gelyk soos ’n vlieënde arend. Die vier lewende wesens het elkeen ses vlerke gehad wat rondom en aan die binnekant vol oë was. Hulle het dag en nag, sonder enige ruspouse, aanhou sê: ‘Heilig, heilig, heilig is die HERE God die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.’
“Elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, Hy wat vir altyd lewe, val die 24 ouderlinge in aanbidding neer voor Hom wat op die troon sit. Hulle aanbid Hom wat vir altyd lewe en sit hulle krone voor die troon neer en sê: ‘U is waardig, HERE ons God, om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alle dinge geskape het; deur U wil is alles wat bestaan, geskape.’”
Majestueus! Dit is die plig van die vreeslike vier lewende wesens en 24 ouderlinge in die hemel. Ek het die hele skrif aangehaal sodat jy kan verstaan presies wat jy doen wanneer jy God loof en aanbid. Ek is altyd bewus van hierdie feit wanneer ek in aanbidding intree – dat ek by die leërskare van die hemel en die miljarde gelowiges regoor die aarde aansluit om te sê dat ons God en Koning waardig is om vir ewig aanbid te word. Dit is wonderlik!
Ons gee ook ʼn offergawe wanneer ons Hom loof. En soos jy weet, ʼn offergawe is om iets kosbaar en van groot waarde vir iemand te gee. God verdien ons beste. Ons moet vir Hom die vrugte van ons lippe gee – dit is lofprysing as ʼn offergawe. Ons lofprysing moet as ʼn welriekende geur na Hom toe styg.
Hebreërs 13:15 sê:
“Kom ons bring dan, met Jesus Christus se hulp, ’n voortdurende offer van lofprysing aan God – ’n offer wat opklink van die lippe van hulle wat Hom bely.”