T. M. Bilderback - Jackie Blue стр 7.

Шрифт
Фон

Vincent het geknik en gesê, Dankie. Wat ek wil weet, Jacqueline Belew, is maklik. Hoe kies jy jou kaartjie dat jy elke keer wen? Het jy een of ander sisteem of iets?

Jackie, wat gewonder het hoe hierdie man uitgevind het oor haar geskenk, het probeer om haar weg deur te bluf. Kyk, dit was n raaiskoot met die honderd doller. Ek het geen idee gehad nie ...

Verseker het jy nie, het Vincent haar in die rede geval. Net soos jy geen idee gehad het oor die vyf honderd doller wat jy in jou beursie gesteek het nie ... of die drie honderd nou die dag nie. Of die groot geluk by die resies nie. Hy het vorentoe geleun en in haar oë gekyk. Terwyl hy vooroor leun het hy die pistool opgetel en n rondte in die magasyn gelaai. Wil jy weer probeer?

Jackie het gesmeek, Ek weet regtig nie waarvan u praat nie, meneer. Ek weet u het gewen ...

Vincent het die geweer na haar gesig gewys. Jy het tyd tot ek by drie getel het. Dan sterf jy. Hy het gehuiwer. Een.

Meneer, Ek het nie... n Traan het teen haar gesig afgerol.

Twee.

Hoekom doen u dit? het sy gegil.

Die spiere in Vincent se hand het begin saam trek in afwagting vir die terugslag. Jackie het dit gesien.

Dr..., het Vincent begin.

Ek het n gawe! het Jackie gegil, en half uit die stoel begin opstaan. Ek kan die wenner uitwys van enige spel van kans!

Hoe? het Vincent gevra. Sy geweer het nooit van haar gesig weggedraai nie.

Jackie het weer gaan sit en haar hande oor haar gesig gehou. Ek kan dit in my gedagtes sien, het sy tussen haar vingers deur gesê. Waar ook al kans deel van n gebeurtenis is, kan ek die uitkoms sien.

Vincent het haar vir n oomblik bestudeer. Toe het hy geknik asof hy n besluit gemaak het, en die geweer op die tafel neer gesit. Wys my, het hy vir haar gesê.

Sy het deur haar vingers na hom gekyk. Wat?

Wys my, het hy herhaal.

Jackie het deur die kombuis gekyk, en toe na Vincent. Hoe?

Vincent het sy skouers opgehaal. Het jy n pak kaarte?

Ja, ek dink die kinders het ..., het sy gesê, gretig om te behaag. Sy het begin opstaan om dit te gaan haal, maar Vincent het sy hand opgelig.

Vertel my waar die kaarte is. Ek sal dit kry, het hy kragtig gesê.

Jackie het weer gaan sit. Natuurlik. Dis in die boonste laai daar. Sy het gewys na die toonbank.

Vincent kon die laai bereik sonder om op te staan. Hy het sy ander hand op die geweer gehou terwyl hy oorleun, die laai oopmaak en die pak kaarte uithaal.

Jackie se gedagtes het haar vertel om saam te speel vir nou daar was geen veilige manier hieruit nie. Sy hoop sy leef om weer die kinders te sien.

Vincent het intussen die boksie oopgemaak, die kaarte uitgehaal en dit begin skommel.

Oukei Jackie, het hy empaties gesê. Ons gaan n bietjie een-en-twintig speel. Blackjack. Ek raai jy weet hoe om dit te speel?

Jackie het geknik.

Vincent het een kaart, gesig na onder, vir elkeen uitgedeel, toe een kaart gesig na bo. Jackie se kaart was n vier. Vincent se kaart was n vyf. Jackie het geloer na haar hele kaart. Dit was n twee.

Gee nog, het sy gesê.

Vincent het haar nog n kaart, gesig na bo, gegee. n Twee.

Weer, het sy gesê.

Nog n twee.

Weer.

n Aas.

Ek sal bly, het sy stil gesê. Omdat n aas kan of een of elf wees, het sy elf gekies. Dit gee haar n een-en-twintig.

Vincent het na sy heel kaart gekyk. n Agt. Hy het een geneem.

n Koningin.

Uitgevang.

Hy het sy kaarte gevou en hulle na kant van die tafel toe gegooi. Jackie het haar heel kaart omgedraai om te wys sy in elk geval gewen het, en het ook haar kaarte eenkant neergesit.

Vincent het weer gedeel, twee omgedraai en twee na bo gedraai. Jackie se na bo gedraaide kaarte was n vyf. Vincent sn was n sewe. Haar heel kaart was n koning en syne n ses.

Hy het na haar gekyk. Sy het gesorg dat sy haar gesig uitdrukkingloos hou.

Ek sal hierdie speel, het Jackie gesê.

Vincent het sy een kaart omgedraai.

Tien van harte.

Weer uitgevang.

Hulle het al die pad deur die pak kaarte gespeel. Vincent het nie een rondte gewen nie.

Miskien, het hy gesê. kon dit geluk gewees het ... of jy kon die kaarte getel het of iets.

Jackie het niks gesê nie, en het net na hom gekyk.

Oukei, hier is wat ons gaan doen, katjie, het hy gesê en vir homself geknik. Gaan trek aan. Ons gaan inkopies doen.

***


VINCENT HET BY DIE eerste geriefswinkel wat hy raakgesien het gestop. Jackie het gekrimp omdat sy by geleentheid besoeke by die winkel afgelê het vir die kinders. Sy het het nog nooit lotery kaartjies hier gekoop nie omdat sy nie wou aandag trek op haarself so naby haar huis nie.

Hier is wat gaan gebeur, het Vincent gesê. Jy gaan jou ding doen met die krapkaarte. Enigiets met n uitbetaling van n honderd of meer sal ons koop. Niks meer as tien van enige krap kaart nie, want ... ons wil geld maak, nie spandeer nie. Verstaan?

Jackie het teruggetrokke geknik.

Hei, as dit jou beter sal laat voel, dit is die enigste winkel wat ons vandag sal besoek. Hoe klink dit? Dan kan jy betyds terug wees by die huis om die vertraagdes te ontmoet, het Vincent vrolik gesê.

Sy het opgekyk en Vincent aangegluur. n Storm beskermings woede het deur haar gevloei en sy het gesê, Moet hulle nie so noem nie. Jackie het haar kop geskud en stil maar kragtig gesê, Moet hulle nooit so noem nie.

Ваша оценка очень важна

0
Шрифт
Фон

Помогите Вашим друзьям узнать о библиотеке

Скачать книгу

Если нет возможности читать онлайн, скачайте книгу файлом для электронной книжки и читайте офлайн.

fb2.zip txt txt.zip rtf.zip a4.pdf a6.pdf mobi.prc epub ios.epub fb3

Похожие книги